Graag simpatiseer ek met Frieda Meyer wie se man, Gert, in Junie 2015 by Scottburgh in die woonwapark oorlede is. Ek weet nou hoe groot Frieda se hartseer moet wees.
Ek en my man, Johnny (regs), het ons huis in Centurion verhuur en tussen November 2013 en April 2015 ons land met ons Skipper-wa deurkruis. Ons het wonderlike vriende gemaak op hierdie lang reis, te veel om op te noem, en dis húlle liefde en ondersteuning wat my deur hierdie moeilike tyd dra.
Ons toer het die Rietvleidam naby Ventersdorp ingesluit asook die Forever-oord op Plettenbergbaai. Ons het ook vyf weke by goeie vriende, Chris en Marietjie Nell, in Kaapstad gekuier en van daar af is ons na Leentjiesklip in Langebaan en toe na die Bulshoekdam buite Clanwilliam. Ons is…
