As laerskoolkind het Armand en sy gesin omtrent in die kampplek grootgeword. Hulle het elke Desembervakansie ’n maand en ’n half lank by Leentjiesklip op Langebaan gekamp.
Só het Armand van kindsbeen af lief geraak vir kamp, selfs al het hulle nie regtig by ander kampplekke uitgekom nie. Hoewel die kampsaadjie dus vroeg al geplant is, was daar altyd ’n nuuskierigheid om ander plekke te verken. En dit het gelei tot die aanhoudende kamptogte vandag.
’n Jaar of drie ná skool koop Armand sy eerste bakkie, ’n Toyota Hilux 3.0 D-4D Xtra Cab, die handratmodel met 4x2-aandrywing. Hy maak reg vir sy eerste kampreis na Nona Rosa by Heidelberg, en Rooiberg naby Vanwyksdorp. Sy kamptoerusting sluit net die nodigste in: ’n Koepeltent, gazebo, grondseil, twee kampbeddens met matrasse, twee kampstoele…
