Dié kampterrein, sowat 3 km buite Nieuwoudtville in die Noord-Kaap, is geleë naby die Oorlogskloof-reservaat en het ontstaan as gevolg van die Covid-19-pandemie. Die eienaar, Johan Spangenberg, en sy vrou, Antoinette, het in 2021 hulle eerste kampgaste ontvang.
Die naam sinspeel natuurlik op die Star Wars-flieks, maar verwys terselfdertyd na die sterre en heerlikste plaaswors wat jy hier kan geniet. Die kampplek is op ’n unieke stukkie landskap op die plaas Buffelsvley van 900 ha – in dié oopte is jy is ver weg van enige stadsliggies en geraas. Dis net jy en die natuur.
Starwors het drie luukse kampplekke, elkeen met sy eie private badkamer in die vorm van ’n klein klipkop. Die staanplekke is genoem na karakters in die flieks: Darth Vader, Yoda en Jar Jar Binks, en…
