Plaaslike woonwa- en 4x4toebehorevervaardigers was weer op hulle stukke by die jaarlikse Woonwaskou by die Gallagher-landgoed in Midrand. Die meeste vervaardigers gebruik die skou as ’n platform om hulle nuutste modelle bekend te stel, en dit was gaaf om ’n hele klompie nuwe gesigte te sien.
Vanjaar het meer as 30 woonwavervaardigers hulle produkte kom uitstal, en ons sluit 29 van hulle in op die volgende blaaie. Ons span ook dié slag die net wyer as net woonwaens en sluit allerlei toerusting en 4x4-bykomstighede in, ’n goeie manier om die skou se mondigwording te vier.
OKTO
Okto is bekend vir sy padwoonwaens én sy immergewilde Gravellor-grondpadwoonwaens. Die vervaardiger, wat ’n bietjie meer as ses jaar lank al waens bou, het nou uitgebrei en die Wasp, ’n liggewig boswoonwa vir 2…
