Die GX is gegrond op die Toyota Land Cruiser Prado en is sedert April vanjaar in Suid-Afrika te koop. Die GX is die vyfde toevoeging tot Lexus se X-reeks voertuie wat grondpad kan ry; die ander is die kompakte UX, die middelgrootte NX, die slanke RX en die volgrootte LX, wat skouers skuur met die groot Toyota Land Cruiser 300.
Die GX is beskikbaar in drie afwerkingsvlakke: die Overtrail (R1 766 000), die Overtrail Bi-Tone met ’n swart dak (R1 776 200), en die SE-vlagskipmodel (R1 829 000) met ’n sterker fokus op weelde as veldryvermoë.
Wat het ons hier?
Soos ons reeds genoem het, is die GX gegrond op die Prado, maar pleks van ’n 2,8 ℓ-dieselenjin en ’n agtgangratkas kry Lexus se weergawe ’n fris 3,5 ℓ-V6 met…
