Saggies op 80 is ’n nuwe “private” kampplek op ’n plaas tussen Vredenburg, Velddrif, Hopefield, Langebaan en Saldanha. Hier is plek vir tot 30 mense, maar slegs een bespreking word aanvaar – die hele kampplek is dus joune, of jy met jou tweemantent kom kamp of al jou kampvriende saamnooi.
Die plaas van 64 ha lê ongeveer 5 km buite Vredenburg en behoort aan Dewald en Jandra Kraftt. Die naam, verduidelik Jandra, het niks te make met ouderdom nie: “Dis ’n sêding uit die oudae: Wanneer ’n klomp mense musiek oor ’n draadloos luister en iemand in die geselskap wil iets sê, dan sou iemand gou sê: ‘Sit die musiek saggies op 80.’
“Ons is kuiermense en het aanvanklik die plek vir ons en ons vriende ingerig. Die lapa was…
