Met ons aftrede vanjaar besluit ek en my vrou, Verna, om met 2024 se Weg Namibië in die hand te gaan toer in Namibië, Zambië en Botswana.
Ons vertrek einde April 2025 en besluit om sover moontlik met ons driemantent te kamp.
Die Suzuki Vitara draf voor met die 5 voet-sleepwa agterna, gelaai met toerusting en ’n matras op die deksel. Ons trek eerste in by die Augrabieswaterval ná ’n draai op Keimoes en Kakamas. Ons loer ook in by die Pienk Padstal en gaan kyk by Kanoneiland na die brug oor die Oranjerivier.
Dis ’n belewenis om die waterval in volle vloed te sien, maar die badkamers in die kampplek is teleurstellend.
Die volgende dag ry ons Namibië by Onseepkans binne en besoek Karasburg, ’n plek waar jy ál…
