Die handelsnaam Mission is geensins ’n vreemdeling in die wêreld van boswaens nie, want sy eerste een het kort ná die aanvang van die nuwe eeu reeds die lig gesien. ’n Dekade of wat later het Calculus Products, ’n vervaardiger wat hom andersins toespits op die vervaardiging van allerlei komponente, die onderneming gekoop.
Tot voor die Covid-19-pandemie het Mission sy waens ook na Australië uitgevoer. Trouens, vir elke een wa wat in Suid-Afrika verkoop is, het die Australiërs vyf aangeskaf. Ongelukkig was die skrif aan die muur teen die pandemietyd, maar dit het ook nuwe geleenthede geskep.
’n Nuwe begin
Twee jaar gelede het Christie Coetzee die eienaar geword van Calculus, en dit was die begin van ’n nuwe lewe vir Mission-waens.
Die gegalvaniseerde onderstel het byvoorbeeld plek gemaak vir…
