Die Bushriverlodge naby Hoedspruit het ’n nuwe kampplek: Die lodge lê 25 km buite die dorp teen die Olifantsrivier, en volgens Anthony van Aswegen, wat saam met sy vrou, Lisa, aan die stuur van sake is, vra mense al lank vir ’n kampplek hier.
Hoewel dit ’n boskamp is, is die laaste 1,2 km grondpad tot hier mooi genoeg sodat jy met ’n gewone voertuig en padwa kan kom kuier. Hier is krag en water; dus hoef jy nie heeltemal selfversorgend te wees nie. Die onomheinde kampplek is tussen die lodge en rivier, ongeveer 150 m van die oewer af. Hier is vier staanplekke waarvan twee effens meer afgeleë en privaat is. Anthony sê hulle is besig om nog drie staanplekke in te rig.
Jy kamp op ’n skoongemaakte kol…
