Ons het na aanleiding van die artikel “Kamp tussen die vrugtebome” (WegSleep Junie 2015) plek bespreek by die Silwerstroom-kampoord. Die oord is werklik in ’n pragtige omgewing geleë, die geriewe is skoon en die kampplek lê langs die Pampoenwerfdam.
Ons tydjie daar was ’n fees van rus, mooi natuur en vrede – en dit kry jy alles in ’n veilige omgewing. Annelie en Erie de Beer, wat ons hartlik ontvang het, verdien ’n pluimpie vir hulle behulpsaamheid. ’n Mens voel só tuis dat jy langer wil aanbly – dis amper asof jy nie lus is om huiswaarts te keer nie.
Die heerlike lemoene en grenadellas uit die pakstoor was ’ n bonus en Annelie se “Pittekou”-likeur ’n treffer.
’n Mens moet dit net nie te vinnig sluk nie, want dan…
