Baie van die kampplekke in die Drakensberg is gewild en bekend, maar was jy al in Kamberg? As jy op die N3 van Johannesburg af ry, is Mooirivier sowat 150 km voor Durban, en van hier af staan die Drakensberg afgeëts teen die westelike horison. Op die dorpie Rosetta, digby Mooirivier, draai die pad die berge in en heet ’n padbord jou welkom in die Kambergvallei.
In die vroeglente kan jy nog die byt van die winterkoue en sneeu in die geel gras sien, maar dit is prentjiemooi. Ná 40 km se ry omring die Drakensberg jou, met Kamberg se geronde spits sowat 10 km van die pad af aan jou linkerkant. Dit lyk nogal soos die kam van ’n haan.
Hier in die Kamberg lê drie taamlik onbekende kampplekke.…
