Die Warrior-pakket vir die Nissan Navara is vier jaar gelede in Australië onthul, maar eers in Maart 2025 na Suid-Afrika gebring. Is dit bloot ’n kosmetiese verandering of maak dit die standaard-Navara inderdaad beter?
Wat het ons hier?
Die Warrior-pakket is ’n skepping van die Australiese voertuigombouer Premcar, wat sedert 1996 in daardie land sake doen. Nissan het Premcar in 2019 genader om ’n spesiale weergawe van die Navara te bou, en die resultaat is min of meer wat jy op hierdie blaaie sien.
Ons sê “min of meer”, want die Warrior wat op eie bodem verkoop word, is effens anders as wat die een waarmee die Aussies ry. Die Warrior Doer Onder is gegrond op die Navara wat in Thailand gebou word, die een met ’n 2,3 ℓ-dubbelturbo-petrolenjin, teenoor…
