WATERBLOMMETJIEBREDIE
Blommetjies in die pot
Die waterblommetjieseisoen in die Boland is tussen Junie en September. Die eerste prys is as jy iewers naby ’n dam kamp en dit vars kan koop, maar selfs al is dit bevrore, bly dit met baie suurlemoensap en vars pietersielie pure koningskos.
Jy benodig
(genoeg vir 6)
• 1,5 kg vetterige lam – nek en ribbetjie werk goed• ¼ koppie meel• ¼ koppie olyfolie• 2 uie, fyngekap• 3 knoffelhuisies, fyngedruk• 3 lourierblare• 3 naeltjies• 1 teelepel elk fyn koljander en neutmuskaat• ½ koppie droë witwyn• 1½ koppie warm biefaftreksel• 12 baba-aartappels, geskil (of gebruik 4 groot geskilde aartappels wat jy in blokkies sny)• 4 middelslag-wortels, geskil en in ringe gesny• 1,5 kg waterblommetjies, goed afgespoel • sap van 1-2 suurlemoene• ’n hand vol vars pietersielie,…
