Invader se waens is uniek: As jy hom sleep, is hy so groot soos ’n boswa, maar nadat jy opgeslaan het, het jy die ruimte van ’n woonwa.
Daar’s net twee modelle om van te kies, die Duo XS of Duo X met slaapplek vir twee, en die Quattro X, ons toetsmodel, waarin vier mense kan slaap. Die fokus is dus nie om nog modelle te bedink nie, maar eerder hoe om dinge ordentlik te doen.
Die romp van albei modelle is van veselglas. Die Duo se dak lig met lugsilinders en die bed skuif oor die neuskas uit. Die Quattro se een bed slaan ook uit oor die neuskas, maar die tweede een vou oop oor die stert.
Die Quattro X is lig genoeg vir die meeste sleepvoertuie en…
