In 2023 het 8½ miljoen internasionale toeriste Suid-Afrika as bestemming gekies – ’n verstommende 49% meer as in die vorige jaar. Dit wil lyk asof 2024 selfs beter was met ’n verdere groei van 7% in die eerste agt maande van die jaar.
Dit is duidelik ons land is ’n gewilde keuse onder wêreldreisigers, hoewel dit vir ons, wat die land van hoek tot kant oorkruis, geen verrassing is nie.
Suid-Afrika is sinoniem met sonskyn, natuurskoon en besonderse wild. Die Groot Vyf bly altyd ’n hoogtepunt, selfs vir ons as plaaslike toeriste, en ons land is besaai met reservate en parke om die voortbestaan van dié en ander diere te verseker. Die beste van alles is dat ons ook in van hierdie reservate mag kamp.
Sanparke is verantwoordelik vir verskeie…
