Volkswagen het onlangs ’n borgskap aan die Suid-Afrikaanse sokkervereniging (Safa) gemaak in ’n poging om meer vroue en meisies in die sport betrokke te kry.
Al die nasionale vrouespanne, insluitende Banyana Banyana, Basetsana (die o.20-span), Bantswana (o.17’s) en die o.15-span vorm deel van die borgskap, wat behels dat Volkswagen ’n Caddy Kombi Maxi, ’n Crafter 50 (met sitplek vir 23), ’n Tiguan Allspace en ’n T-Cross aan Safa geskenk het.
Op die foto is van links Job Mchunu (Safakomiteelid), Desiree Ellis (Banyana Banyanaafrigter), Buti Mathathe (Safa-komiteelid), Princess Ndlhovu (Volkswagen se handelsmerkhoof ), Linda Zwane (Safaadjunkpresident), die sogenaamde superondersteuner Mama Joy, dr. Danny Jordaan (Safa-president), Bridget Harpur (Volkswagen se bemarkingshoof ), Pius Nqandela (Safa-komiteelid) en Lydia Monyepao (uitvoerende hoof van Safa).
Defender mik Dakar toe
Die Land Rover Defender, wat deesdae…