4X4-PROFESSOR Die formaat vir vanjaar se Bakkie van die Jaarkompetisie is effens verander: Verlede jaar was daar drie kategorieë en een algehele wenner – die Volkswagen Amarok V6 – maar nou is daar vier kategorieë met geen algehele wenner nie.
Alle dubbelkajuit-4x4-bakkies wat tussen September 2023 en Augustus vanjaar plaaslik bekend gestel is, het in aanmerking gekom vir deelname aan die tweede jaarlikse Bakkie van die Jaar-kompetisie. Dit het ongelukkig vervaardigers soos Volkswagen, Mahindra, Mitsubishi, Nissan en Peugeot gediskwalifiseer.
Die organiseerders het wel die volgende vervaardigers genooi om hulle bakkies te stuur: Ford, Foton, GWM, Ineos, Isuzu, Jeep, RAM, Toyota, LDV en JAC. Drie vervaardigers het die uitnodiging van die hand gewys: LDV het aanvanklik ingeskryf, maar sy T60 later onttrek omdat hy veranderinge aan die huidige voertuig wou aanbring;…