die regering is tjoepstil oor’n voorgestelde uitvoerheffing op chroomerts sedert die idee verlede jaar in Oktober geopper is.
Volgens voorstanders van die heffing, sal dit voordeligervirdie plaaslike ferrochroomsektor wees – wat sukkel om geld te maak weens Eskom se belemmerende, inflasiekloppende energietariefverhogings – as chroomerts duurdervirChinese ferrochroomprodusente gemaak word.
Die chroomertsbedryf het, deur middel van ChromeSA, met mening teruggekap. Hy het eers die voorstel as “ongehoord” beskryf, maar kon nie daarin slaag om ’n vrystelling van die Mededingingskommissie te kry wat hom in staat sou stel om alternatiewe vir die uitvoerbelasting te bespreek nie.
Alle oë is egter nou gerig op die land se mediumtermyn-begrotingsraamwerk, wat die pas aangestelde minister van finansies, Enoch Godongwana, op 4 November ter tafel gaan lê. Daar word gehoop dat Godongwana meer duidelikheid sal gee,…
