Die hiënas is op pad
Dié uitgawe se isiZulu-woord is impisi. Impisi is ’n hiëna. Wanneer jy ’n hiëna hoor lag, moet jy nooit dink hy kom in vrede nie – hy kom in impisi en sal getrou bly aan sy aard, sy tande in vleis wil slaan. Ja, ek praat van die verkiesingseisoen.
Om te demonstreer hoe Suid-Afrikaners voel oor verkiesingsveldtogte en veldtogvoerders wat lippe aflek vir ’n stukkie van ons, het ek die temaliedjie van Nightmare on Elm Street effens aangepas.
1, 2, impisi’s coming for you
3, 4, better lock your door
5, 6, buy a crucifix
7, 8, gonna stay up late
9, 10, never sleep again
1, 2, impisi’s coming for you
3, 4, there’s a knock on the door
5, 6, grab your crucifix…
