PPI KLIM
7,7%
In Junie het produsente-inflasie jaar-tot-jaar tot 7,7% gestyg van ’n reeds hoë 7,4% op ’n jaargrondslag in Mei, volgens Statistieke SA. Die uitkoms was in teenstelling met die Bloombergkonsensusmening van ’n verlaging tot 7,3% jaar-tot-jaar, wat die algemene siening weerspreek dat produsente-inflasie in Mei ’n hoogtepunt bereik het. Op ’n maand-tot-maand-grondslag het produsente-inflasie van 0,4% in Mei tot 0,8% gestyg. Thanda Sithole, ekonoom by FNB, het gesê dié produsente-inflasie verhoog hul voorspelling vir vanjaar van 5,3% tot 5,7%. “Ons is bekommerd oor die volgehoue verhoogde voedsel-en petroleumverwante produkprysinflasie, wat opwaartse druk op oorkoepelende produsente-inflasie uitoefen.”
PMI DAAL
43,5 punte
Die Absa-koopbestuurdersindeks (PMI) het in Julie gedaal. Die bank sê dit dui aan dat die produksieherstel in die vervaardigingsektor veral aan die begin van die derde kwartaal teruggesak…
