JSE BEREIK HOOGSTE VLAK
70 000
Die JSE het middel November ’n nuwe rekordhoogtepunt van 70 091 bereik ná onder meer die mediumtermyn-begrotingsraamwerk. Dit dui op bemoedigende fiskale vooruitsigte, met groeiherstel, stygings in kommoditeitspryse en ’n opwaarts aangepaste voorspelling van die bruto binnelandse produk wat tot vermindering van die land se skuld en begrotingstekort bydra.
MYNBOUPRODUKSIE DAAL
-3,4%
Data van Statistieke SA toon dat die jaarlikse mynbouproduksie in September met 3,4% afgeneem het. Steenkool, platinumgroepmetale en goud het met 8,9%, 7,5% en 6,9% die meeste gedaal. Vergeleke met die tweede kwartaal het die produksie met 0,6% gekrimp, wat daarop dui dat mynbou waarskynlik ’n negatiewe bydrae tot die derde kwartaal se BBP sal lewer.
VSA-INFLASIE STYG SKERP
6,2%
Amerika se inflasiekoers het in Oktober skerp tot 6,2% gestyg vergeleke ’n…