“SAL KAN DOELTREFFENDE, KLIËNTGEFOKUSDE, INNOVERENDE LUGDIENS WORD.” – Gidon Novick, stigter van Kulula en nou uitvoerende hoof van Takatso, ’n konsortium wat gevorm is deur Harith General Partners, ’n belegger in Afrika-infrastruktuur en lughawens, en lugdiensbestuursfirma Global Aviation, het sy vertroue daarin uitgespreek om die SAL ’n aandrywer vir toerisme en ekonomiese groei in SA te maak. Die konsortium is aangewys as die ekwiteitsvennoot waarna lank gesoek is en sal ’n belang van 51% in die SAL hê, terwyl die regering ’n belang van 49% sal behou. Die notering van die lugdiens is een van die voorgestelde maniere om in die SAL se toekomstige finansieringsvereistes te voorsien.
“OORTUIG HULLE OM IN LICHTENBURG TE BLY.” – Tsholofelo Moreo, burgemeester van die Ditsobotla- plaaslike munisipaliteit in Noordwes, sê die provinsiale regering het…
