in hierdie week se voorbladartikel, kyk finweek-joernalis Timothy Rangongo na die mark vir dagga. Waarom, mag jy tereg vra, sou ons op ’n daggastorie besluit het? Die antwoord is eenvoudig: Dit hou potensieel reuse-voordele vir die Suid-Afrikaanse ekonomie in.
Volgens KPMG is die wêreldwye mark vir CBD (’n chemiese komponent binne dagga) rondom $8,2 miljard werd. Sou SA, met sy geskikte klimaat, hierdie mark wil voorsien, kan dit tot wesenlike ekonomiese voordele en armoedeverligting lei. Groot dele van die voormalige tuislande, veral in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal, is uiters geskik vir die verbouing van dagga. Danksy die hoë waarde van die produk, rondom $4 700 per kilogram (R65 800 per kilogram), behoort kleinboere ook wesenlike finansiële voordeel hieruit te trek.
SA het reeds ’n goed-gereguleerde medisyneraamwerk waarbinne die verbouing kan…
