met meer as 60 eiendomsagentskappe wat oral in die land om alleenmandate meeding, is dit vir nuwe agentskappe haas onmoontlik om aan die luukse kant van die eiendomsmark ’n voet in die deur te kry.
Om dié probleem te bowe te kom, het Julia Finnis-Bedford, eienaar van Amazing Spaces, ’n maatskappy wat in die opspoor van verfilmingsplekke spesialiseer, en Andrew Dewey, besturende direkteur van ’n nasionale eiendomsdienstemaatskappy, kragte saamgesnoer. Amazing Spaces se produk- en dienstereeks is tot ’n beleggingsafdeling vir leefstyleiendomme uitgebrei en staan as Amazing Spaces Lifestyle Investments bekend.
Om vir Amazing Spaces Lifestyle Investments se portefeulje te kwalifiseer, hoef eiendomme nie noodwendig duur of luuks te wees nie, maar wel uniek om die nuwe kooptendens ná die pandemie te vergestalt.
Dewey verduidelik dat mense weens die inperkingsmaatreëls noodwendig…
