neal Froneman, uitvoerende hoof van Sibanye-Stillwater, is nie iemand wie se geesdrif perke ken nie. Hy het egter vir ’n oomblik asem geskep gedurende ’n webinaarwat deur die batebestuurder, NinetyOne, gereël is oordie vooruitsigte van ’n metale-supersiklus om teen “ooroptimisme” te waarsku.
Hoewel Froneman blykbaaroortuig is deur die trajekvan die prys van platinumgroepmetale (PGM’s) is sy omsigtigheid nietemin ’n aanduiding dat mense nie seker is of die onlangse styging in metaalpryse volhoubaar is nie.
Dit is beterom die kleindrukte lees wanneer dit kom by benamings soos “supersiklus”. Die portefeuljebestuurder by Ninety One, Hannes van den Berg, het daarop gewys dat hoewel PGM’s herstel het van die sikliese laagtepunte van vyf of ses jaar gelede, kan dieselfde nie gesê word van, sê maar, litium nie. Litium, ’n betreklik onbekende mineraal totdat…
