Uthando
Die isiZoeloe-woord vir dié uitgawe is uthando. Uthando is liefde. O, wat ’n wonderlike, wonderbaarlike en bedwelmende ding is uthando tog. Almal van ons verdien uthando. En raai wat, binnekort gaan ons hope daarvan kry. Ja, dis verkiesingstyd en politieke partye staan gereed om ons met uthando te oorweldig. Ons gaan tot in die grond in liefgehê word.
As jou lewe tans miserabel en sonder uthando is, kwel jou nie! Vryers in kleurryke T-hemde gaan jou die hof kom maak, hoor. Jy sal hulle met stokke en swaarde moet weghou van jou af. Ja, slaan hulle. “Hallo, Solly”.
Hulle gaan jou omhels (pasop vir Covid), jou bedien, jou trane afvee, jou kos gee en als in hul vermoë doen om jou guns te wen, jou begeerlike ding, jy. En…
