DIE GOEIE
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het die repokoers in ’n eenparige besluit onveranderd op 3,5% gelaat en gesê die algehele risiko’s vir die inflasievooruitsigte blyk op kort en mediumtermyn gebalanseerd te wees. In ’n artikel wat eksklusief vir die finweek-nuusbrief deur Mariam Isa geskryf is en ná die aankondiging gepubliseer is, het die president van die SARB, Lesetja Kganyago, aangedui dat SA sy eie inflasie sal kan beperk, selfs al neem die Amerikaanse prysdruk toe, wat die land se mededingendheid sal laat styg. Aldus die monetêrebeleidskomitee se jongste voorspellings word verwag dat inflasie teen die einde van vanjaar tot 4,4% sal styg en die volgende twee jaar op 4,5% sal bly.
DIE SLEGTE
Nie almal is egter in hul skik met die SARB nie. Steinhoff se SEB-vennoot Lancaster 101,…
