Vir die eerste keer voorspel internasionale kredietgraderingsagentskappe sterker groei vir SA as die land self. Die nuus dat die ekonomie in die laaste kwartaal van verlede jaar, in ooreenstemming met die wêreldwye tendens, vinniger uitgebrei het as wat verwag is, het Fitch Ratings aangespoor om sy voorspelling vir SA vir vanjaar tot 4,3% te verhoog, teenoor ’n vorige raming van 3,65% wat gemaak is ná die land se begroting op 24 Februarie aangekondig is.
Moody’s het voorspel dat die ekonomie vanjaar met 4,55% sal groei, terwyl S&P 3,65% voorspel het. Ter vergelyking, het die tesourie voorspel dat uitset met net 3,35% sal groei − ’n mening wat baie ekonome deel.
Lullu Krugel, ekonoom van PwC, wys daarop dat die omvang van die voorspellings vir die ekonomie vanjaar groot is. Sy…