“Ek kan nie sonder resultate oorleef nie.”
— Ngozi Okonjo-Iweala, die wêreldhandelsorganisasie (WHO) se nuwe direkteur-generaal, het op 1 Maart, haar eerste dag in die pos, aan CNN se Richard Quest gesê die hoofsaak is dat sy nie sonder resultate kan werk nie. Die ekonoom en voormalige minister van finansies van Nigerië het geskiedenis gemaak as die eerste vrou en inwoner van Afrika in die amp. Pascal Lamy, voormalige WHO-hoof, sê Okonjo-lweala bring status, ervaring, ’n netwerk en ’n temperament om dinge gedoen te kry. Die sleutel tot haar sukses is haar vermoë om in ’n “Amerika-EU-China-driehoek” te werk.
“DIT WYS HOE VERWIKKELD HIERDIE BEDROG IS.”
– Christo Wiese, voormalige voorsitter van Steinhoff, sê die nasionale vervolgingsgesag (NVG) moenie gekritiseer word vir die stadige pas van sy ondersoek na die…
