African Rainbow Minerals (ARM) het belange in ’n wye reeks myne, waaronder platinum, ystererts, steenkool, koper en goud. ARM en Xstrata se Goedgevonden-myn naby Witbank lewer 6,7 miljoen ton steenkool per jaar. ARM besit 20% van Harmony Gold, die 12de grootste goudmynmaatskappy ter wêreld, met drie mynboubedrywighede in SA.
ARM se tussentydse resultate tot 31 Desember, uitgereik op 3 Maart, toon danksy hoër kommoditeitspryse ’n groot styging van 134% in die tussentydse wesensverdienste. Die styging is tot ’n rekord van R5,04 miljard vergeleke met R2,17 miljard in die oorenstemmende tydperk. Die maatskappy het sy uitkering aan aandeelhouers verdubbel en ’n tussentydse dividend van R10 per aandeel verklaar.
Hoewel die Covid-19-pandemie se uitwerking op ARM gering was, het sy wesensverdienste in die steenkoolafdeling geval weens laer pryse vir termiese steenkool en…
