in onstuimige ekonomiese tye moet klein en middelslagondernemings gewoonlik bontstaan om die boeke te laat klop. Dit verg soms moeilike besluite soos om sekere voorraad bo ander te prioritiseer, voordele vir personeel in te katrol en in die aakligste gevalle selfs werknemers af te lê. In ’n onderneming wat vir mense omgee, sowel klante as personeel, is laasgenoemde opsie gewoonlik die allerlaaste uitweg wat die sakeman of -vrou neem. Maar soms is dit onafwendbaar om jou mense, selfs dié wat vir jare lojaal teenoor jou en jou onderneming was, af te lê. Dit het geweldige emosionele en reputasie-gevolge vir albei partye. Te midde van hierdie dreinerende omstandighede, moet die sake-eienaar boonop sy waarde-vir-geld-aanbieding van dienste of produkte opskerp om die klante wat oor is, te behou. Talle sake-eienaars moes verlede…
