DIE GOEIE
Die Covid-19-entstof wat Pfizer en BioNTech ontwikkel het, het meer as 90% van infeksies voorkom volgens ’n studie onder derduisende vrywilligers, wat nuwe hoop aanwakker dat inentings ’n einde sal bring aan die koronavirus-pandemie. “Die goeie boodskap vir die mensdom is dat ons nou weet dat Covid-19 deur ’n entstof voorkom kan word,” het Uğur Şahin, BioNTech se uitvoerende hoof ná die aankondiging gesê. Die maatskappye is die eerste medisyne-vervaardigers wat suksesvolle data van grootskaalse kliniese toetse van ’n koronavirus-entstof toon. Die maatskappye sê hulle het tot dusver geen ernstige veiligheidskwessies gekry nie. Pfizer het gesê hy verwag om in 2021 tot 1,3 miljard dosisse van die entstof te vervaardig (sien ook bl. 22).
DIE SLEGTE
Ná ’n onverwagte afname in die tweede kwartaal, het die amptelike werkloosheidsyfer…
