Zimbabwe word interessant in die mynbouwêreld. Ekonomies is hy ’n hopelose geval, maar mynbou-optimisme word aangedryf deur minerale.
Aankondigings deur twee nuwelingmaatskappye in die PGM-sektor – ’n mineraal waarin Zimbabwe die tweede rykste ter wêreld is – trek groot aandag.
Great Dyke Investments, met die Russe se steun, beplan ’n myn van $500 miljoen in Zimbabwe, en het Impala Platinum (Implats) volgens gerugte in Oktober vir ’n belegging genader in ruil vir sy konsentraat vir Implats se smelter, wat hy in Zimbabwe wil vergroot.
Verlede maand het die Nigeriese miljardêr, Benedict Peters, gesê hy wil oor ongeveer 18 maande ’n PGM-myn van $1 miljard in Zimbabwe bou. ’n Derde maatskappy, Tharisa, wat in Johannesburg genoteer is, het ’n opsie oor ’n PGM-afsetting in Zimbabwe, maar het nie planne aangekondig nie.…