DIE GOEIE
Die kabinet het die maatreëls goedgekeur om die plaaslike ferrochroombedryf te steun, insluitend deur middel van uitvoerbelasting op chroomerts. Jackson Mthembu, die minister in die presidensie, het gesê ingrypings sluit ook die gebruik van energiedoeltreffende tegnologieë in smelters en die ingebruikneming van mede-ontwikkelings-en selfontwikkelingstegnologieë in. Verlede jaar het Suid--Afrika 12,5 miljoen ton chroomerts aan China verskaf, wat, volgens Reuters, 83% van China se totale chroominvoer verteenwoordig. Maatskappye wat chroom in SA ontgin en verwerk, sluit in Glencore, Merafe Resources, Samancor Chrome, Tharisa, en Jubilee Metals (lees ook bl. 12).
DIE SLEGTE
Suid-Afrika se gekonsolideerde fiskale tekort gaan na verwagting verder toeneem as wat dit in Junie se Covid-19-noodbegroting voorspel is, aangesien ’n herstel in ekonomiese groei in die derde kwartaal nie belastinginvorderings ’n groot genoeg hupstoot sal gee…
