die beleggingsfokus op die interaksie tussen mynmaatskappye en die gemeenskap het die afgelope drie jaar baie verskerp. Die beheer van vrystellings is nou vir fondsbestuurders net so belangrik as produksie.
Twee Britse fondsbestuurders vra egter of die huidige formulering vir die meting van vrystellings, veral die vlak 1-tot vlak 3-standaard (“scope een tot drie”), heeltemal toepaslik is. Die omgewings-, maatskaplike en beheerstandaarde (OMB-standaarde) soos dit tans bestaan, het inherente foute, sê hulle.
“Die manier wat ons tans OMB doen, is om in elke afleipyp in die maatskappy te kyk en te probeer meet wat daar uitkom,” sê Douglas Upton, ’n beleggingsontleder en vennoot van Capital Group, ’n Amerikaanse fondsbestuurder met meer as $1 duisend miljard onder bestuur.
“Maar ek voel ons meet net dinge wat ons kan meet en nie…
