Die 53-jarige Ulana van Biljon, gebore en getoë in Durban, het ’n BCom-graad aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Sy is 25 jaar lank getroud en sê haar man is haar grootste ondersteuner. “Jy het ondersteuning nodig om te kan vorder.”
Haar doel was om in die finansiële wêreld te werk, maar voordat sy haar graad voltooi het, het Sanlam haar ’n pos in mensehulpbronne aangebied. Die vaardighede wat sy daar geleer het, was die grondslag vir haar sukses in die eiendomsektor. “Eiendom gaan nie oor geboue nie; dit gaan oor mense,” sê sy.
Afgesien van Emira se uitvoerende hoof, is Van Biljon ook op verskeie komitees: lid van die uitvoerende komitee, uitgenooide lid van die ouditkomitee, risikokomitee, beleggingskomitee, finansiële komitee en sosiale-en etiekkomitee. Sy is ’n ywerige drawwer,…
