die nuwe handelsmerkbaadjie wat platinummaatskappye die afgelope klompie jare aangetrek het om eerderas produseerders van platinumgroepmetale (PGM’e) bekend te staan, gee erkenning aan die toenemende rol wat palladium, en deesdae rodium, in die sektor se prestasie speel. Dié twee metale maak byvoorbeeld die helfte van Impala Platinum (Implats) se inkomste vir sy 2020-boekjaar uit, al is die maatskappy hoofsaaklik ’n platinumprodusent.
Tog is daartoenemend tekens dat platinum, wat so lankoordie hoof gesien is, terug is op beleggers se radarskerms. “Baie van die belangstelling wat ons in platinum sien, hetsy deur’n posisie in termynkontrakte of bates in beursverhandelde fondse (EFT’s), is grootliks daarop gegrond dat platinum steeds onderwaardeer is,” het Suki Cooper, uitvoerende direkteurvan Precious Metals Research by Standard Chartered Bank in NewYork vroeër vandeesmaand tydens ’n PGM-konferensie in Johannesburg gesê.…
