Ná medisynevervaardigerAspen Pharmacare se goeie resultate het wesensverdienste per aandeel (WVPA) 1 268c bereik, 9% hoër. Die maatskappy se skuldverhouding is nou 2,89 maal die WVPA en onder die 3,5 maal die ooreenkomsvlak wat hy oortree het toe sy skuld tot byna R55 miljard gestyg het.
Ná die jaareinde het Aspen ook sy kommersiële regte en intellektueleeiendom virdietrombose-besigheid in Europa vir R12,6 miljard verkoop, wat sy skuld verder sal verminder.
Stephen Saad, uitvoerende hoof, se aankondiging dat hulle op soek is na nuwe verkrygings, het die mark egter ontstel, en die aandeel is afverkoop. My mening is dat hoewel die skuld tot onvolhoubare vlakke gestyg het, die groep oor al die algemeen goeie transaksies aangegaan het en, belangriker, nog nooit aandele uitgereik het om ’n transaksie te finansier nie. Alle…
