“NATUURLIK SAL DAAR ALTYD SENTRALE BAN-KIERS WEES WAT.. . HUL GRONDWETLIKE VERANTWOORDELIKHEDE OOR DIE HOOF SIEN, MAAR NIE EK NIE.” —Lesetja Kganyago, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, het die sentrale bank se reaksie op die ekonomiese afswaai in Suid-Afrika weens die koronavirus verdedig, te midde van toenemende versoeke deur politici en vakbondleiers om sy rentekoersverlagings te verdiep en meer staatseffekte te koop. Hy het aan die Financial Times gesê die rentekoers, tans die laagste in byna ’n halwe eeu, is nou in reële terme negatief teenoor waar inflasie na verwagting volgende jaar sal wees, wat die bank se “aansienlike” reaksie toon. “Mense gee my meer krediet as wat ek verdien. Ek lei nie die regering nie.” —Minister van samewerkende regering en tradisionele sake en voorsitter van die nasionale bevelsraad, dr.…
