“DIE ONLANGSE STY-GING IN SASOL SE AAN-DEELPRYS KAN GROOT-LIKS AAN DIE STYGING IN DIE OLIEPRYSTOE-GESKRYF WORD . . . ” —Mohamed Mitha, aandeelontleder by Mergence Investment Managers, sê die vraag-en-aanbod-dinamiek in die oliemark het in ’n mate verbeter met die nuus dat Opul+ ’n verlenging van sy produksieverlagings tot ná Junie vanjaar oorweeg, wat tot ’n styging in Sasol se aandeelprys gelei het. Die aandeel het in Junie op vlakke van sowat R180 verhandel nadat dit in Maart ’n laagtepunt van R21,88 bereik het wat deurdalende oliepryse, probleme by sy LakeCharles Chemicals Project in Amerika en ’n skuldlas van $10 miljard vererger is, volgens Fin24. Benewens die maatskappy se aankondiging van ’n kontantbewaringspakket, wat die verkoop van bates en ’n moontlike regte-uitgifte van tot $2 miljard insluit, berig die publikasie…
