harde werk, tyd en moeite is nodig om waardevolle besittings te versamel, en daarom maakdit finansieel sin om hulle teen verlies of skade te beskerm deur hulle te verseker.
“Die doel met versekering is om jou in die finansiële posisie te plaas waarin jy net voor die verlies was. Jy kan nie die toekoms voorspel nie, en dis waarom jy versekering moet hê,” sê Ricardo Coetzee, hoof van Auto & General Insurance.
Deur ’n maandelikse premie aan ’n versekeringsmaatskappy te betaal, kan jy vir die verlies van versekerde items vergoed word. Die meeste kliënte wat tot die premiepoel bydra, dien nie deur die jaar eise in nie, wat dit vir die versekeringsmaatskappy moontlik maak om kliënte te vergoed wat verliese ly, sê Marius Neethling, onderskrywingsbestuurder vir persoonlike reekse van Santam.…
