“JA ASSEBLIEF, REGTER ZONDO, GEE ONS ’N TUSSENTYDSE VERSLAG.”
– Adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging vir die Nasionale Vervolgingsgesag, sê sy besef die druk is groot vir strafregtelike vervolging weens korrupsie en staatskaping. Sy het in Maart by die Daily Maverick se konferensie ‘The Gathering’ gepraat. “Die laaste ding wat ons nodig het, is dat dié enorme hoeveelheid data op ons gestort word wanneer die kommissie klaar is. Dit bekommer ons regtig,” het sy gesê. Die publikasie sê die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na munisipale misdrywe het 18 afgehandelde sake opgelewer, 21 dien tans voor die hof en 25 word nog ondersoek.
“Ons het ’n risiko vir die vooruitsigte van die ekonomie gesien en gekies om op te tree.”
– Jerome Powell, voorsitter van die Amerikaanse Federale…
