die getal oorsese toeriste in Suid-Afrika het verlede jaar met 2.2% tot 2,61 miljoen afgeneem, vergeleke met 2,67 miljoen in 2018, volgens data van Statistieke SA. Die totale aantal aankomste van buitelanders – wat dié uit die res van die vasteland insluit – het verlede jaar met 2,3% tot 10,2miljoen gedaal, vergeleke met 10,4miljoen die vorige jaar.
“Ons het gehoop op herstel,” sê Tshifhiwa Tshivhengwa, uitvoerende hoof van dieTourism Business Council of SA. As ’n mens by verlede jaar se flou toeristesyfer die huidige wêreldwye uitbreking van die koronavirus voeg, is “dit ’n onbekende terrein”, sê hy (lees die kassie op bl.37).
Die deel van die bedryf – wat tussen akkommodasie, huurmotors en lugdienste verdeel kan word – wat op die JSE genoteer is, sukkel om behoorlike opbrengs vir beleggers…
