baie kinders wat in die laat 1980’s gebore is, moes waarskynlik in hul laerskooljare ’n soort entrepreneurskapsdag verduur het. Dit het gewoonlik ’n ouer behels wat deurnag fudge gebak, handwerk gemaak het, of só iets, en die produkte verpak het sodat die kind dit die volgende dag by die skool kon verkoop – net sodat die kind die dag se inkomste kon kry.
Dit het op dié dae duidelik geword dat ek nie met ’n entrepreneursgees geseën is nie, maar party kinders hét dit eenvoudig gehad. Nie net kon hulle ys aan Eskimo’s verkoop nie, maar sou iets beters as ys ontwerp het en gewoeker het sonder om ’n ouer te betrek, afgesien van logistieke hulp – sê maar om te help om hul voorraad by die skool en weer…
