die Urban Outfitters-handelsmerk is gemik op jong volwassenes met ’n produkreeks wat vroue-en mansklere, skoene, skoonheidsen welstandsprodukte, bykomstighede, aktiewe drag en -uitrustings en huishoudelike artikels, sowel as musiek, veral vinielplate en kassette insluit.
Baie van die goedere word deur die onderneming se groothandelafdeling op verskeie private etikette ontwerp en vervaardig. Hulle is teenwoordig in lande soos Amerika, Swede, Brittanje, Spanje, Denemarke, Frankryk, Duitsland, Ierland, België, Kanada, Italië, Nederland, Israel, asook die Verenigde Arabiese Emirate.
Glo dit of nie, maar die maatskappy is in 1970 gestig as ’n projek vir ’n entrepreneursklas aan die Universiteit van Pennsylvania. Vandaar het die maatskappy gegroei en is dit mettertyd herdoop na Urban Outfitters. Dit wys net weer waarop ’n “terloopse projek” kan uitloop as daar genoeg entoesiasme bestaan.
Terwyl baie maatskappye in die spesialiskleinhandelsektor…
