“ONS HET ONS BESTE VOET VOORGESIT.” – Tito Mboweni, minister van finansies wat Suid-Afrika se afvaardiging na die Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos, Switserland gelei het, sê hulle is die meeste oor SA se kragprobleme en die fiskale volhoubaarheid van die staat uitgevra.
“Ons, nie die planeet nie, sal deur klimaatsverandering vernietig word.” – António Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, tydens die onlangse Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos. Klimaatsverandering en die uitwerking op die mens was duidelik ’n groot gesprekspunt. Greta Thunberg, die jong Sweedse aktivis wat jongmense oral ter wêreld mobiliseer om hul regerings voor stok te kry oor die aangeleentheid, het ook die beraad bygewoon.
“EK OORWEEG DIT NIE OM TE BEDANK NIE; EK SAL NIE BEDANK NIE.” – Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het teruggekap nadat…
