die NewYorkse aandelebeurs bied beleggers blootstelling aan tien leidendeglobaletegnologie-aandele in een instrument. Van 19 September 2014 tot 31 Desember 2019, het die NYSE FANG+ -indeks ’n geannualiseerdetotaleopbrengs van 24,27% per jaar gelewer, ongeveer 45% meer as dié van die Nasdaq-100-indeks en meeras dubbel dié van dieS&P 500-indeks oor dieselfde tydperk.
Die indeks is gelyk beswaar – dit wil sê, tien maatskappye met ’n toewysing van 10% elk – en word kwartaalliks herbalanseer. Die NYSE FANG+ -indeks bestaan uit Facebook, Apple, Amazon, Netflix, Alphabet, Tesla, Nvidia, Alibaba, Baidu en Twitter.
Die Groot Vier
Facebook, Amazon, Apple en Alphabet, Google se moedermaatskappy, staan bekend as die “Groot Vier” tegnologiemaatskappye. Hulle dek van die grootste name in sosiale media, aanlyn kleinhandel, kunsmatige intelligensie en verbruikerselektronika. Apple en Alphabet is twee van die vyf…
