“DIE RIGTING VAN OPENBARE SKULD IS NIE GUNSTIG NIE, EN WORD ONGEMAKLIK.”
– Montfort Mlachila, senior verteenwoordiger van die Internasionale Monetêre Fonds in Suid-Afrika, het gewaarsku dat die land se openbare skuld, byna 60% van die ekonomiese produksie, ongemaklike vlakke bereik, berig Fin24. “Suid-Afrika het die hoogste vlak van skuld ooit,” sê Mlachila. Hy skryf die stygende skuld-tot-BBP-verhouding toe aan onder meer staatskaping, waarin “baie openbare beleggings vermors of ondoeltreffend was”. Suid-Afrika se afname in groei “is dramaties vir ’n land wat nie in ’n burgeroorlog betrokke is nie,” sê hy. Mlachila het bevestig dat Suid-Afrika geen versoek om ’n lening gedoen het nie, wat voorlopig ’n einde bring aan bespiegelinge dat Suid-Afrika die IMF vir hulp gaan vra. (Sien ook bl.23.)
“Ons fout met die beplanning van die nuwe…
