Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, meen dat Suid-Afrika se vooruitsigte vir ekonomiese groei verder verswak het, met reële groei in die bruto binnelandse produk (BBP) van 0,6% tot 0,8% wat vir vanjaar verwag word. Afhangend van strukturele ekonomiese hervorming wat nodig is om dit makliker te maak om sake te doen en werkloosheid te begin absorbeer, sal Suid-Afrika teen 2025 dalk reële BBP-groei van sowat 3% kan behaal.
“Huishoudings is finansieel beperk, en die reële huishoudelike bestedingsgroei is swak, wat tot lae BBP-groei lei omdat huishoudelike verbruiksbesteding twee derdes van die BBP verteenwoordig. Die vraag is inderdaad swak in Suid-Afrika en beïnvloed ook inflasie-uitkomste, met verbruikersprysinflasie beskeie op 4,5% op ’n jaargrondslag – veel minder as die historiese gemiddelde sedert 2009 van 5,4% op ’n jaargrondslag,” sê Bishop.
“Met die…