“ONS SAL SO BELAGLIK LYK SOOS DIE REPUBLIKEINE TYDENS DIE OBAMA-ADMINISTRASIE ASONS VOORT-GAAN OP ’N PAD OM VIR ’N STAAT VAN BESKULDIGINGTE VRA AS DAAR GEEN GRONDE VOOR IS NIE.” – Colin Strother, politieke konsultant van die Demokrate, nadat die spesiale raadgewer Robert Mueller’n verslag uitgereik het dat geen bewyse gevind kon word van samespanning in die verkiesing van 2016 tussen DonaldTrump, Amerikaanse president, en Rusland nie, soos aangehaal in Business Day. William Barr, prokureurgeneraal van Amerika, sê die verslag bied nie afdoende bewyse om ’n klag teenTrump weens regsverydeling te regverdig nie. Hoewel die verslag nie tot die slotsom kom dat die president ’n misdaad gepleeg het nie, spreek dit hom ook nie vry wat die kwessie van regsverydeling betref nie. The New York Times berig hoeTrump dit in…
